“EK IS”

Eksodus 3:14.

“Ek is wat Ek is.” Het God vir Moses gese. “Jy moet vir die Israeliete so se: EK-WAT-IS, dis Hy wat my na julle toe gestuur het.”

“EK IS”

Soms kom daar tye wanneer ons begin wonder, wie is ons nou eintlik, en wat is ons doel hier op aarde. Moenie alleen voel nie, selfs Moses het beangs geword toe God hom geroep het uit die brandendende bos. God se opdrag aan hom was om die Israeliete te gaan bevry uit slawerny. Moses was ook nie seker van homself in daardie groot opdrag nie.

God stel Moses gerus deur vir hom so te se:” EK-WAT-IS, dis Hy wat my na julle toe gestuur het.” moet jy vir hulle se. Moses het gehoorsaam geraak aan God en besef wat sy doel was, God het Moses kragtig gebruik, en sy geloof het gegroei.

Wow julle, mens besef nie hoe kragtig daardie woorde is nie. Hoe beskryf ons God se GROOTHEID en ALMAG, Hy is so GROOT dat daar geen einde aan is nie.

God is teenwoordig in elke fasset van ons lewens, Hy se: “EK-IS” met julle elkeen, dag en nag, elke sekonde, minuut of uur.

God se: “EK-IS” wanneer jou bene bewe van vrees, en jy naels afkou van bekommernis.

Wanneer ons swak voel roep na God’ “EK-IS” sal jou versterk.

Vind vertroosting in die GROOT “EK-Is”, Hy vertroos jou in Sy Liefde en Genade. Hy help jou reuse oorwin, en berge uitklim wat jy gedink het jy kan nie doen nie.

Voel jy eensaam en verstote?  “EK-IS” daar om jou styf vas te hou, en vir jou die LIEFDE en SAMESYN te gee waarna jy hunker.

God hou Sy arms oop vir elkeen van ons, Hy roep jou, Hy verlang na jou, Hy het Sy Lewe gegee vir ons. Niemand kan jou die liefde gee wat God vir het nie.

God is GROOT in alle aspekte, Hy is ALMAGTIG, en ALLOM TEENWOORDIG, Hy is die asem wat ons inasem.

As God se:”EK-IS” wees verseker Hy is met ons, in alles, Sy Liefde is so GROOT.

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *