Daar is hoop

Matteus 1:20.

“Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gese: Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wereld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Kersfeestyd is veronderstel om vir elkeen van ons ‘n blye tyding te wees. Ons Verlosser, Jesus Christus is gebore in ‘n stal in Betlehem, en wyse manne het van ver af gereis om aan Hom geskenke, EER en LOF te bring.

En tog….. is dit een van die swaarste tye in mense se lewens, want dit is wanneer mense treur en in wanhoop val as gevolg van hulle omstandighede. Hoeveel gesinsverskeurings, en selfmoorde , ongelukke op die paaie is daar nie. Mense sit met seer, verwerping, alleenheid en depressie, en in hongerte op die strate. Ou mense sit en huil oor die kinders wat hulle eens op ‘n tyd gehad en geken het.

Kersfees is veronderstel om blydskap voor te bring in elkeen van ons se lewens, Jesus Christus is vir ons gebore, en Hy het het gekom om al daardie dinge waarmee ons so sukkel te dra aan die KRUIS. So het Hy ook Sy LIEFDE aan ons bewys.

Hoekom sukkel ons so om dit raak te sien in hierdie tyd? Die satan verblind ons om Jesus se geboorte raak te sien, hy hou nie van “unity” nie, hy loop rond soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan gryp.  Here help ons asb dat ons nie altyd sal vaskyk teen ons omstandighede nie, maar dat daar HOOP is in Jesus Christus. Kom ons gaan met BLYMOEDIGHEID en DANKBAARHEID kersfees in.

Daarmee LOOF, en PRYS en EER ons Jesus Christus, en ons BID vir mense met wie dit nie so goed gaan nie, en ons bid vir ons LAND, en kyk waar ons mekaar kan help wat dit nie breed  het nie. Gee aan die wat met honger sit, help die wat depressief en alleen en verwerp voel.

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *