Beproewings.

Jakobus 1:2-3(NLV).
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.”

Daar kom baie beproewings in almal se lewenswandel. Party is harder om te oorkom, en dan kom die toets. Hoe sterk is ons geloof om hierdie toetse te kan oorkom? Ons het die geloof nodig om te kan volhard in elke situasie, hoe moeilik, en seer dit ookal mag wees.

Wanneer ons geloof nie sterk genoeg is nie, dan kan ons nie oorwinning behaal nie, want ons maak staat op ons eie krag. Dis dan wanneer mens begin vrae vra soos: Hoekom gebeur hierdie dinge Here, en ons begin moed verloor.
Kom ons gaan sit by die Here se voete en gee hierdie beproewing vir Hom. Soms lyk beproewings groter as die Here, en dan slaag ons nie, want met ons eie krag is ons te swak.

Wow julle, wat ‘n les, ons moet dit mooi verstaan. Jakobus 1:2-3 se: WEES BLY wanneer allerhande beproewings op julle pad kom, want as julle GELOOF die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te VOLHARD.
Kom ons vat hierdie vers, en begin dit rerig toepas in ons lewenswandel. Elkeen van ons het net nodig om STERK GELOOF te he, dan sal ons leer om te volhard in beproewings.
Gebed: Here ons sit by U voete, en ons gee al hierdie beproewings wat op ons pad kom, vir U Here. En dankie Here dat ons nie hoef staat maak op eie krag nie, maar U Krag Here.

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *