Watter krag dra ons woorde?

Spreuke 4:20-23. (NLV)

“My seun, luister baie goed na wat Ek vir jou se.  Moet dit nooit uit die oog verloor nie.  My woorde beteken LEWE vir die wat daarna luister: GESONDHEID vir die hele liggaam van die een wat hulle betekenis ken.  Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal ALLES wat jy doen.”

Het ons al ooit daaraan gedink hoe belangrik die woorde is wat ons spreek oor onsself, en oor ons medemens? Wow julle, hierdie was vir my net treffend vandag.  Jesus gee vir ons duidelike opdragte oor hierdie Skrif……LUISTER na wat Hy vir ons se, en ons moet dit nooit vergeet nie.  Hy se, My woorde beteken LEWE vir die wat daarna luister, en GESONDHEID vir die HELE LIGGAAM, Fisies en Emosioneel.

Baie van ons sukkel met siektes, en chroniese kwale in ons lewens, want deurdat ons negatiewe dinge oor onsself en oor ander uitspreek, veroorsaak dit dat die vyand ons kan aanval en hang aan ons soos ‘n bloedsuier, want hy kry mos nou voeding, nie waar nie? Vir baie jare loop ons met die siektes, en ons wonder hoekom.

Ons LUISTER nie na die Here se woorde en na Sy onderrig nie. So bly ons dood spreek, en bly die bloedsuier voed.  Wanneer mens negatiewe dinge spreek, maak dit jou hele liggaam negatief, en netnou voel jy siek oor wat jy gespreek het.  Ons moet bid dat die Heilige Gees ons dadelik sal aankla in negatiwiteit sodat dit nie die vyand verder sal voed nie. Ons begin

POSITIEF praat oor ons situasies, en ons maak sy voelers los van ons af, m.a.w siektes, chroniese kwale, emosionele, verslawende en allerhande siektes sal GEEN houvas meer op ons het nie. Wat gebeur, die bloedsuier vlug, en ons sal begin LUISTER en ONTHOU soos Jesus ons leer.

Geloof in Jesus se woorde, en Sy beloftes maak sin, en dit is ‘n WERKWOORD. Daar moet elke dag aan gewerk word sodat GELOOF sterker sal raak as NEGATIWITEIT.  Hoe sal ons ooit oorwinning behaal met ons genesing as ons nie werk aan ons geloof nie?

Ek wil ‘n verandering in myself en in my medemens sien gebeur, en ek verkies om hierdie Skrif my eie te maak, my genesing te soek en te kan lewe volgens Jesus se onderrig. Het Sy onderrig ons al ooit gefaal, nee, dit is ons wat faal.

Hiermee wil ek vra, sonder om te oordeel, asb wie is bereid om vandag saam met my in te staan vir jouself, asook vir ander mensies wat rerig sukkel om hulle genesing te ontvang? Jesus het klaar betaal met Sy lewe daarvoor, ons moet dit net GLO!  WERKWOORD!

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *