Het jy vrede in jou hart?

Matteus 5:9 (NLV)

Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle se :” Julle is My Kinders”

Het jy vrede in jou hart?

In ‘n wereld waar nie vrede is nie, broei allerhande onheil uit. Mense het nie meer kompasie en simpatie met mense wat rerig swaarkry of siek is nie. Vir die mens raak tyd ‘n faktor, soos bv jy loop iemand raak in die straat, ‘n vriend of bekende, maar die gesprek is maar kort. Daar is nie nou tyd vir gesels nie, ons leef in ‘n adrenelien stadium waar alles afgejaag moet word.

 Die Here kom vandag en Hy vra:”My kind, waar is jou vrede heen?” ‘n Hart sonder  vrede klop al hoe vinniger van die adrenelien. Dit jaag, dit dring jou.

Vandag wil ek vir elke een  vra: Het jy vrede in jou hart en in jou lewe? Is daar nog dinge in jou lewe wat God vir jou uitwys, en  vir jou se:”My kind, maak vrede. Vind vrede in jou hart.”

Here, ek wil vandag bid dat U vir ons elkeen die vrede in ons harte en in ons lewens sal gee. Help ons om in hierdie gejaagde tyd U eerste raak te sien, en dan ook ons medemens. Here al moet ons iemand net ‘n drukkie gee, net  weer met nuwe oe na alles en almal in ons lewens te kan kyk. Dankie Heilige Gees dat ons U kan vertrou om dit vir ons uit te wys.

Amen.

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *