Behou jou Geloof.

                                       Mattheus 21:21.  maar al  se julle ook vir hierdie berg:  Hef jou op en werp jou in die see-sal dit gebeur.”   

In elke mens se lewe, kom daar stadiums van vrae,en selfs lesse wat hy of sy moet leer.  Wanneer daar swaar tye kom, is daar baie vrae, en sukkel ons soms om antwoorde daarop te kry.  Vir ons raak probleme hierdie GROOT berge in ons lewens. Ons se soms: Here, hierdie berge lyk so “huge”, hoe gaan ek ooit oor die berg kom? Dis reusagtig, en ek wens Dawid was nou hier om vir my die reus te beveg.

In hierdie tye moet ons nie net by vrae bly nie, ons moet na die Here roep en Sy teenwoordigheid soek.  Biddend moet ons antwoorde soek in Sy Woord.  Dalk gee Hy nie op die tyd wat jy wil he, die regte antwoord nie, maar Sy Woord se: Hy is Getrou, Hy sal vir jou die antwoord gee op die vraag wat jy voor gevra het, of die berg waarmee jy sukkel, sal jy oorkom met Sy hulp.

Weet dan as Hy jou geantwoord het, sal jy Dawid wees wat die berg oorkom met God se antwoord op jou vraag.

So leer ons ware lewenslesse, deur hierdie GROOT berge wat in ons lewens kom. Partykeer keer hierdie dinge ons, en versper die pad na God toe, want ons is nie bereid om te veg om by God uit te kom nie. God gee vir ons elkeen die mag en die krag in Sy Naam om vir hierdie berge te kan se : Hef jou op en werp jou in die see- en dit sal gebeur.

Laat ons dankbaar wees vir moeilike, hartseer en swaar tye in ons lewens, want daardeur leer ons, om met God se hulp ook ander mense te kan leer hoe om dinge waarmee jy sukkel te kan oorkom, om ook soos Dawid te kan wees wat nie bevrees was nie, maar vir Goliat oorwin het.

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *