Watter vrug wil jy dra?

Matteus 12:35.
Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart,  die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.
                                       
Terwyl ek besig is om kombuis skoon te maak,  val my oog op die mandjie vrugte wat op die tafel staan.  Op die oog af skep dit so mooi kleurvolle prentjie, sodat ek naderhand lus kry vir ‘n vrug.  Die eerste vrug wat ek uit die mandjie haal is vrot, en my lus vir vrugte is sommer weg.  Ek begin die mandjie leeg maak, want ek besef as die vrot vrug tussen die vars vrugte gaan bly, is dit nie lank nie dan is hulle ook vrot.

Is dit nie maar ook so in elkeen van ons se lewens nie?  Die mandjie vrugte stel ‘n goeie voorbeeld vir my.  Ons dra vrug, soms groei die vrug baie mooi, ander kere word ons vrug vrot, deur al die lelike dinge wat in ons harte en lewens aangaan.
Kom ons kyk na ‘n paar dinge wat veroorsaak dat ons vrugte vrot word.

·       
Skinder en kwaadpraat van mekaar,

·        Afguns en haat.

·        Bitterheid en onvergewingsgesindheid,

·        Wrokke koester en ronddra in jou hart,

·        Veroordeling en verwerping,

·        Negatiwiteit,

·        Geestelike hoogmoed,

·        Inhaligheid ensv, daar is soveel nog meer wat kan veroorsaak dat ons vrot vrug ronddra.
Watse voordele hou dit vir ons in om goeie vrug te dra?

·       
Ons behaag die Here , ons doen Sy Wil,

·        Ons maak ‘n verskil in ander mense se lewens,

·        Ander aanvaar ons, net omdat ons onsself makliker aanvaar,

·        Maak vriende in plaas daarvan om te oordeel,

·        Is positief en help ander om nie negatief te wees nie,

·        Ons kinders skaam hulle nie vir hulle ouers nie, en leer uit die voorbeeld wat ons as ouers vir hulle stel,

·        Ons is meer geduldig, en vergewe myself, en ander makliker,

·        Ons is lief vir onsself en vir ander, ensv.
Jesus Christus gee vir ons ‘n oorvloed goeie en bruikbare vrug om te dra, waarom wil ons dan vrot vrugte ronddra wat veroorsaak dat jou goeie vrug vrot word? Sien jouself as ‘n vrugteboom waaraan die vrug groei.  As jy mooi gaan sorg vir jou boom gaan hy goed groei en goeie vrug dra, maar as jy hom nie gaan oppas en beskerm en versorg nie, sal sy vrugte gou vrot wees.

Pak jou vrugte mandjie vol met skoon, vars, lekker, aanloklike en bruikbare vrugte vol, sodat dit vir ander mense ook aanloklik sal lyk, en jy die vrugte met hulle kan deel.
 

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *