WAT IS REGTIG BELANGRIK?





Matteus 6:33.
Nee, beywer julle allereers vir die Koninkryk van God, en vir die Wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Matteus 6(NLV) is ‘n ware lewensles vir ons almal. Jesus leer ons hierin dat die aardse skatte wat ons hier op aarde bymekaar maak, maar eintlik niks beteken nie. Hy se mot en roes vreet dit weg, en diewe breek in en roof dit. Inteendeel, maak liewer vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar geen mot of roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, daar waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Wow julle, is dit nie so dat mense en materiele dinge, behoeftes en begeertes soms ons lewens oorheers nie? En al hierdie dinge wedywer om die eerste plek op te vat in ons lewens. Die Persoon wat eintlik die eerste prioriteit in ons lewens behoort te wees, moet soms die tweede, derde of laaste plek inneem in ons lewens, so eintlik die Een waaroor alles moet gaan word dan eintlik afgeskeep. Ons praat van Jesus Christus, die Een wat vir my en jou altyd eerste plek in Sy lewe gee.

Waarheen hardloop ons vir hulp, is dit na mense, menslike behoeftes, verslawing ensv? Daar is nog soveel meer, want sien ons bly soekend, maar na die verkeerde dinge, op die verkeerde plekke. As ons bereid is om vir Jesus die eerste plek in ons lewens te gee, beteken dit dat ons eerste na Hom toe sal gaan wanneer ons hulp nodig het.

Dat Sy Wil gedurig in ons gedagtes sal wees, dat Sy Liefde en Genade jou voorbeeld sal wees, dat jy Hom  in alles sal dien, en in alles aan Hom gehoorsaam sal wees. Aardse dinge behoort nooit die eerste plek in ons lewens op te neem nie. Nee, daar is ‘n Lewende God wat die EERSTE plek in elkeen van ons se lewens behoort te kry.

Hy is so Liefdevol, en vol Genade en in Sy Woord lees ons dat Hy ‘n jaloerse God is, so Hy gaan beslis nie tevrede wees om die laaste plek in jou lewe in te neem nie. En Hy het dit verdien en bewys aan die Kruis vir elkeen van ons. Dit is klaar, it is done, Hy wil nie wedywer vir ‘n plek in ons lewens nie, Hy wil jou EERSTE prioriteit wees.

SOEK EERS DIE KONINKRYK VAN GOD, EN NA SY WIL, EN DAN SAL HY JULLE OOK AL HIERDIE DINGE GEE.

 
Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *