Sonder Hom………










Matteus 5:3 (NLV).

Gelukkig is die mense wat weet hoe nodig hulle God het,want die koninkryk van die hemel is hulle deel.
 
 
Die Here het ons gemaak om van Hom afhanklik te wees en op Sy hulp staat te maak om al die uitdagings in ons lewens te kan hanteer en te kan baas raak. Net Hy ken werklik ons harte, ja al die dinge waarmee ons worstel, en as ons van die Here afhanklik is, en Hom vra, sal Hy tussen al die rommel in ons lewens, die waardevolste skatte uithaal.Jy weet dit laat my dink aan ‘n baba voeltjie wat in die nessie sit. Sy ouers weet presies wanneer hy honger is, en ongemaklik voel, want hulle het op elke ou dingetjie ‘n ander skree geluidjie wat hulle maak. So afhanklik is hulle van hulle ouers, en as pappa terugkom met ‘n wurmpie of goggatjie om vir baba te gee, klap hy die ou vlerkies van pure dankbaarheid. Tevrede sal hy dan rustig slaap.

Ons moet opofferinge kan maak om ons harte volkome op God te rig, maar Hy beloon ons ryklik wanneer ons dit doen. Kom ons maak maar soos die ou baba voeltjie, en ons raak heeltemal afhanklik van God, in ons besluite, en in al ons doen en late. God sal nooit vir ons die verkeerde besluite laat neem nie.  Hy wil he ons moet Hom raadpleeg in alles, want Hy is ons Pappa.
 
Louise van der Westhuizen.


Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *