LIG verdryf DUISTERNIS.



              Johannes 8:12
“Ek is die lig vir die mensdom.  Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig he wat lewe gee.”                                
 
Ek le lekker warm en snoesig in my bed vanoggend, en kry nog te koud om op te staan, ek draai op my sy, krul myself op om nog bietjie langer te kan le. My gordyne is oopgetrek, en my oog vang die mistigheid buite.  Die mis is so dig dat ek nie eers die ander geboue op ons erf kan raaksien nie.

Terwyl ek so kyk, dink ek hoe die mense moet sukkel om in die mistigheid te moet ry werk toe.  Ek het al in mis bestuur en glo my, dis nie so maklik as wat mens dink dit is nie.  Jy bestuur stadig, want soms is die mis so dig dat jy nie nie eens die kar voor jou kan raaksien nie.  

Dit laat my dink aan my eie lewe, soms is daar dinge in jou en my se lewens wat soos digte mis om ons hang.  Ons sukkel om te sien wat om te doen in sekere situasies in ons lewens.   Ons bestuur stadig, want ons kan nie voor ons sien nie, die vordering met sekere probleme is stadiger in ons lewens, want ons is onseker oor verskillende aspekte en weet nie wat om te verwag nie, en wat om te doen nie.
Terwyl ek nog so le, ry daar ‘n kar met ligte aan in die pad op, en ek weet meteens hierdie is nou weereens vir my ‘n lewensles  wat Jesus vir my  daaruit wil leer. Die vraag kom by my op, wat help mens om beter te kan sien in donker mistige tye in ons lewens?  LIG!  Jou kar se ligte is aan as jy in mis ry sodat ander jou kan raaksien, en jy ook ander voor jou kan sien ry.

Ek besef dit is hoekom ons so sukkel om uit die situasies in ons lewens te kom, dit bly donker en ons sukkel.  Ons het nie LIG in ons lewens nie, ons het nie Jesus Christus in ons lewens nie.  As dit voel asof jy nie meer kop bo water kan hou nie, as jy sukkel met probleme in jou lewe, laat Jesus Christus jou help om uit die donker en mistige tye veilig anderkant te kan uitkom.

Jesus is die LIG vir die wereld, dit is jou en my keuse vandag of ons wil bly voortstrompel in die mis, of wil ons die LIG toelaat in ons lewens.   Jesus se, Ek is die LIG vir die mensdom.  Wie My aanhou volg, sal nooit in duisternis leef nie, maar sal die lig he wat lewe gee.
 
Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *