WEES NIE BEVREES NIE.




Exodus 14:13.
Maar Moses het aan die volk gese: WEES NIE BEVREES NIE; STAAN VAS en AANSKOU die VERLOSSING van die Here wat Hy vandag vir julle SAL BEWERK; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.
 
 
Dit is baie kragtige woorde, eintlik kan mens dit as opdragte sien, wat die Here het vir Moses gegee het om aan die Israeliete oor te dra.  Die Here se: WEES NIE BEVREES NIE. Ons lees nogal baie van hierdie spesifieke opdrag in die Bybel.  Dit moet ook eintlik in ons lewens toegepas word, ja ons moet dit sien as ‘n opdrag.  Waarmee val die vyand ons die meeste aan?  Natuurlik met vrees, veral in tye wanneer ons dit die minste verwag.  Dikwels sit ons ook soos die Israeliete vir jare met dieselfde situasies, wat vrees al hoe meer laat ontwikkel. Ons sien nie ‘n uitweg nie, dis of vrees ons blokkeer om reg te kan sien.
 
Dan se die Here volgende: STAAN VAS.  Wat doen ons? Ons vrees en begin verwilderd rondhardloop, en probeer om alles op ons eie reg te maak.  Kou ons naels af, en het slaaplose nagte as gevolg van vrees.  As die Here se: Staan vas, dan is dit net wat Hy se. Staan vas in Geloof.  Moenie vrees en verwilderd rondhardloop nie, want daardeur begin die vyand ook ons geloof aanval, want  in plaas van om in Gebed te verkeer, en op die Here se beloftes te staan, verkies ons om die teenoorgestelde dinge te doen.
 
Die volgende punt is: AANSKOU. Die Here se aanskou. Ons moet nie vrees nie, ons moet vas staan in geloof, en dan wag, en aanskou. Hy se aanskou die VERLOSSING wat die Here vandag vir julle SAL bewerk. Twee belangrike punte, jy kan verseker wees die Here gaan jou verlos van hierdie situasies waarmee jy sukkel, en Hy se dis ‘n belofte, Hy sal dit vir jou bewerk.  So staan vas in geloof en aanskou.
 
Begin hierdie baie belangrike opdragte van die Here te gehoorsaam, en ons gaan weet wat gedoen moet word wanneer die vyand toeslaan met sy aanvalle. Dit help ook om aan  die wonderwerke te dink in die verlede, alles wat die Here alreeds vir jou gedoen het. Nie een van ons kan ooit se dat die Here nog nooit iets vir hulle gedoen het nie.
Die Here, ons God sal ons oorwinning gee, dit maak nie saak waarmee jy worstel nie.  Hy self sal die see vir jou oop kloof om te kan deurgaan.  Dit is ‘n belofte.
 
Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *