Eer in plaas van smart

Jesaja 61:10(DB)

Ek is baie bly vir wat die Here gedoen het. Ek is vol vreugde omdat Hy my gered het. Hy het my soos ‘n bruidegom met ‘n kroon op sy kop gemaak. Ek is soos ‘n bruid wat met juwele versier is.

Ja, God gee eer in plaas van smart, Hy neem wat negatief is in ons lewens, en verander dit na iets positiefs. Daar is baie negatiewe dinge in ons lewens, en die vyand gebruik juis dit om ons gesindheid teenoor die lewe en mense te versuur. Is ons vasgevang in die verlede, het ons ophou glo dat daar nie ‘n toekoms vir ons is nie?

Die oomblik wanneer ons weer in Jesus Christus begin glo, sal die verlede sy greep op ons begin verloor, en ons sal vordering begin maak met die positiewe, goeie dinge in ons lewens wat God vir ons ingedagte het. Daar vind verandering plaas in ons lewens, en elke verandering sal ons bemoedig, en ons geloof versterk.

Dit maak nie vir die Here saak wat jou verlede is nie, God wil ons intellektueel, emosioneel, geestelik en liggaamlik genees. Moenie een enkele deel van jou lewe van Sy genesende aanraking weerhou nie. Nooi Jesus in elke deel van jou liggaam in, vra Hom om jou heel te maak.

Kom ons begin die toekoms geniet wat God in Jesus Christus, wat gekom het om Sy hemelse vader se wil te doen, vir jou en my opsy gesit het.

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *