Keer terug na jou “roots”

Jeremia 24:6

Ek sal ‘n oog oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hierdie land toe laat terugkom. Ek sal hulle herstel en nie weer afbreek nie. Ek sal hulle nie ontwortel nie, maar hulle plant.  

In ‘n wereld waar dit dikwels so deurmekaar gaan, en ons nie meer weet watter kant toe nie, worstel ons met vrae soos: Wat is my doel op hierdie aarde, en hoekom is ek gebore, en hoekom kry ek swaar?

Ja, ons lees God se Woord en bid, maar wanneer alles verkeerd begin gaan, dan begin twyfel. Dis menslik, ek dink almal van ons het daardie stadiums in ons lewens. Dis wanneer die vyand daardie gaping sien, en hy val ons aan, en teister ons met sulke vrae wat ons so deurmekaar kan maak.

Toe God jou en my geskape het, het ons “roots” daar begin by Hom. Ons ouers is ook gekies sodat Hy die saadjie deur die vader kon plant. God het die saadjie binne in die moeder laat groei, sodat ons, wat elkeen besonders en uniek is, kon ontwikkel tot Eer en Verheerliking van Sy Naam. Daar het die wonderwerk klaar begin!

Ja soms raak dinge te veel vir ons in hierdie wereld, en ons raak verlore, en dwaal op verkeerde paaie rond, en word vasgevang in die wereld met al sy begeertes, want die vyand kry dit reg om alles net so aanloklik en begeerlik te kan maak.

Maar kind van God, kom ons kyk weer met nuwe oe na waar ons “roots” begin het, en ons keer terug na God toe. Hy is die Een wat ons Geskape en gevorm het, en wat ons so oneindig liefhet. Hy het ons nie belowe dat ons paaie altyd met rose sou besaai wees nie. Maar Hy het in ons plek gesterwe, sodat ons ‘n kans sou he om te kan terug keer na ons “roots” toe. En dit het Hy gedoen vir ons uit Liefde uit.

Dikwels veroorsaak ons ons eie probleme en pyn en lyding, deur verkeerde paaie wat deur die vyand vir ons daar geplaas was.

Ek weet nie van julle nie, maar as ek Jesus Christus so sien hang aan die Kruis, en sien hoe verneder, bespot en geslaan Hy was terwille van jou en my, dan kan ek net neerbuig en bid en se: Vergewe my Here, dat ek nie die mens was wat U wou he ek moes wees nie. Maar ek weet U is Genadig, ek wil weer vasgroei aan U my God, en terug keer na waar ek vandaan kom.

Prys die Here vir Sy Liefde,en Genade, want sonder Hom het ek en jy nie bestaan nie, en sou ons nie weer ‘n kans kon kry, om te kon terug keer na ons “roots” toe nie.

 

Louise van der Westhuizen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *