DIT IS MAKLIK OM TOU OP TE GOOI.

2 Korintiers 4:16-18.

Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

 

In sekere situasies in enige mens se lewe voel dit soms dat jy misluk het, of dat jy selfs voel soos ‘n mislukking omdat alles wat jy aanpak  misluk.  Dis maar makliker om liewer tou op te gooi as om weer  te probeer.  Al die  pyn, uitputting en kritiek veroorsaak dat jy moedeloos raak, en die wil om weer van voor af iets aan te pak laat jou defnitief twyfel aan jouself, en die stemmetjie hier binne in jou wat bly se “jy is nie goed genoeg nie” laat jou nog meer slegter voel.

 

Het ons al ooit daaraan gedink as Jesus so aan ons getwyfel het, sou ons vandag bestaan het?  Wat sou van ons geword het as Hy gese het” Ek is moedeloos, Ek gooi liewer tou op met jou?”   Sou ons enigsins ‘n kans kon he op oorlewing, vergifnis of die ewige lewe?  Gelukkig is Hy nie een wat tou opgooi nie, en Sy liefde aan die Kruis het dit bewys.  Walk by faith and not by sight-dit beteken om die mislukkings in geloof weer aan te pak, sonder dat jy die oorwinning sien.

 

Daar is ‘n doel met elke mislukking in jou en my se lewe.  Ons verstaan dit nie altyd nie, en dis nie altyd maklik om weer van voor af te moet begin nie, soms sien jy nie kans daarvoor nie en vat maar liewer die maklike uitweg, soos om tou op te gooi.  Dit laat jou nie beter voel nie maar slegter, want dit gaan jou bly pla en soos ‘n mislukking laat voel.  Ons probleme mag nooit ons geloof laat kwyn of ons ontnugter nie.   Daar  is voordele aan menslike beperkings.   (1)  Hulle help ons om te onthou dat Christus vir ons gely het.   (2)  hulle sorg dat ons nie hoogmoedig raak nie maar totaal afhanklik bly.  (3)  hulle verseker dat ons verder as hierdie kort lewe kyk.  (4)  hulle bewys ons volharding aan ander.  (5) hulle maak dit moontlik dat God Sy groot krag in en deur ons openbaar.

 

 

Kom ons raak nie opstandig oor dinge in ons lewens wat ons soos ‘n mislukking laat voel nie, maar beskou dit liewer as geleenthede.  Ons rig ons oe op die onsigbare dinge, en vertrou God daarmee, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

 

Louise van der Westhuizen.

 

 

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *